-
Jesaja 20:3, 4Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
3 Jehovah het toe gesê: “Net soos my kneg Jesaja drie jaar lank kaal en kaalvoet rondgeloop het as ’n teken+ en ’n voorteken teen Egipte+ en Etiopië,+ 4 so sal die koning van Assiʹrië die gevangenes van Egipte+ en die ballinge* van Etiopië wegvoer, seuns en ou manne, kaal en kaalvoet en met ’n kaal sitvlak – ja, Egipte sal skaam kry.*
-
-
Jeremia 43:10, 11Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
10 Sê dan vir hulle: ‘Dít is wat Jehovah van die leërmagte, die God van Israel, sê: “Ek sal my kneg+ Nebukadneʹsar,* die koning van Babilon, laat kom, en ek sal sy troon neersit bo-op hierdie klippe wat ek weggesteek het, en hy sal sy koninklike tent daaroor uitsprei.+ 11 En hy sal kom en Egipte aanval.+ Almal wat deur die dodelike plaag moet sterf, sal deur die dodelike plaag sterf, en almal wat in gevangenskap moet gaan, sal in gevangenskap gaan, en almal wat deur die swaard moet sterf, sal deur die swaard sterf.+
-