-
Deuteronomium 28:53-55Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
53 Die beleëring en die rampspoed wat julle vyand oor julle sal bring, sal so erg wees dat julle julle eie kinders* sal moet eet, die vlees van julle seuns en julle dogters+ wat Jehovah julle God aan julle gegee het.
54 “Selfs die sagste en sensitiefste man onder julle sal glad nie jammer voel vir sy broer of sy geliefde vrou of sy seuns wat oorbly nie, 55 en hy sal nie ’n stukkie van die vlees van sy seuns wat hy sal eet, met hulle deel nie, want hy sal niks anders hê nie omdat die beleëring en die rampspoed wat julle vyand oor julle stede sal bring, so erg sal wees.+
-