-
2 Konings 20:8-11Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
8 Hiskiʹa het vroeër vir Jesaja gevra: “Wat is die teken+ dat Jehovah my gesond sal maak en dat ek op die derde dag na die huis van Jehovah sal gaan?” 9 Jesaja het geantwoord: “Dít is die teken van Jehovah om te bewys dat Jehovah sal vervul wat hy gesê het: Wil jy hê dat die skaduwee op die trap* tien trappies vorentoe moet gaan of tien trappies agtertoe?”+ 10 Hiskiʹa het gesê: “Dit is maklik vir die skaduwee om tien trappies vorentoe te gaan, maar nie om tien trappies agtertoe te gaan nie.” 11 Daarna het die profeet Jesaja tot Jehovah begin roep, en Hy het die skaduwee op die trap van Agas tien trappies laat teruggaan nadat dit reeds vorentoe gegaan het.+
-