-
Levitikus 6:12, 13Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
12 Die vuur op die altaar moet aan die brand gehou word. Dit mag nie doodgaan nie. Die priester moet elke oggend hout daarop brand+ en die brandoffer daarop regsit, en hy moet die vet van die vrede-offers* daaroor laat rook.+ 13 Die vuur op die altaar moet voortdurend aan die brand gehou word. Dit mag nie doodgaan nie.
-
-
2 Kronieke 13:10, 11Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
10 Maar ons God is Jehovah,+ en ons het hom nie verlaat nie. Ons priesters, die nakomelinge van Aäron, dien Jehovah, en die Leviete help met die werk. 11 En hulle bring elke oggend en elke aand brandoffers+ en geurige reukwerk+ vir Jehovah, hulle sit die stapelbrode*+ op die tafel van suiwer goud en hulle steek elke aand+ die lampe van die goue lampstaander+ aan omdat ons ons verantwoordelikheid teenoor Jehovah ons God nakom, maar julle het hom verlaat.
-