5 Intussen het Farao se leërmag uit Egipte vertrek,+ en die Galdeërs wat Jerusalem beleër het, het die berig oor hulle gehoor. Daarom het hulle van Jerusalem af weggetrek.+
7 “Dít is wat Jehovah, die God van Israel, sê: ‘Dít is wat julle vir die koning van Juda moet sê, wat julle na my toe gestuur het om my vir leiding te vra: “Die leërmag van Farao wat julle kom help, sal na hulle land, Egipte, moet teruggaan.+