7 Jehovah maak arm, en hy maak ryk.+
Hy verneder, en hy verheerlik.+
8 Hy tel die hulpelose uit die stof op,
en hy haal die een wat arm is, van die ashoop af+
om hulle by prinse te laat sit
en hulle ’n posisie van eer te gee.
Die fondamente van die aarde behoort aan Jehovah,+
en hy plaas die vrugbare land daarop.