33 En ek sal julle onder die nasies verstrooi,+ en ek sal ’n swaard uittrek en julle agternasit.+ Julle land sal ’n verlate plek gemaak word,+ en julle stede sal verwoes word.
6 In die negende jaar van Hoseʹa het die koning van Assiʹrië Samariʹa+ ingeneem. Hy het die Israeliete toe in ballingskap+ na Assiʹrië geneem en hulle in Halag en in Habor by die Gosanrivier+ en in die stede van die Mede laat woon.+
11 In daardie dag sal Jehovah weer sy hand uitsteek, ’n tweede keer, om die oorblyfsel van sy volk terug te bring uit Assiʹrië,+ Egipte,+ Patros,+ Kus,+ Elam,+ Siʹnear,* Hamat en die eilande van die see.+