Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Levitikus 26:32, 33
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 32 Ek sal die land ’n verlate plek maak,+ en julle vyande wat daarin sal woon, sal verbaas daarna staar.+ 33 En ek sal julle onder die nasies verstrooi,+ en ek sal ’n swaard uittrek en julle agternasit.+ Julle land sal ’n verlate plek gemaak word,+ en julle stede sal verwoes word.

  • Deuteronomium 4:27
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 27 Jehovah sal julle onder die volke verstrooi,+ en net ’n paar van julle sal bly lewe+ onder die nasies waarheen Jehovah julle sal verdryf.

  • Deuteronomium 28:64
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 64 “Jehovah sal julle onder al die nasies verstrooi, van die een einde van die aarde tot die ander einde van die aarde,+ en daar sal julle gode van hout en van klip moet dien wat nie julle of julle voorvaders geken het nie.+

  • 1 Konings 14:15
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 15 Jehovah sal Israel platslaan soos ’n riet wat in die water heen en weer beweeg, en hy sal Israel uitruk uit hierdie goeie land wat hy aan hulle voorvaders gegee het,+ en hy sal hulle anderkant die Rivier* verstrooi+ omdat hulle heilige pale*+ gemaak het en Jehovah sodoende aanstoot gegee het.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel