-
Handelinge 7:42, 43Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
42 Toe het God van hulle af weggedraai en hulle oorgegee om die leërmag van die hemel te aanbid,+ net soos daar in die boek van die profete geskryf is: ‘O huis van Israel, dit was nie aan my dat julle 40 jaar lank in die wildernis diere-offers en offerandes gebring het nie, of hoe? 43 Maar dit was die tent van Molog+ en die ster van die god Refan wat julle saamgedra het, die beelde wat julle gemaak het om te aanbid. Daarom sal ek julle tot anderkant Babilon wegvoer.’+
-