-
1 Konings 12:32, 33Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
32 Jeroʹbeam het ’n fees ingestel wat op die 15de dag van die agtste maand gehou is, en wat soortgelyk was aan die fees in Juda.+ Op die altaar wat hy in Bet-El+ gemaak het, het hy offers geoffer aan die kalwers wat hy gemaak het. En hy het priesters in Bet-El aangestel vir die offerhoogtes wat hy gemaak het. 33 En op die 15de dag van die agtste maand, in die maand wat hy self gekies het, het hy offers begin bring op die altaar wat hy in Bet-El gemaak het. En hy het ’n fees vir die Israeliete ingestel en na die altaar opgegaan om offerandes te offer en offerrook te laat opgaan.
-
-
Hosea 13:2Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
Hulle maak afgode met groot vaardigheid, alles soos die handewerk van ambagsmanne.
Hulle sê vir hulle: ‘Laat die mense wat offerandes bring, die kalwers soen.’+
-