9 Klim op ’n hoë berg,
o vrou wat goeie nuus vir Sion bring.+
Roep hard uit,
o vrou wat goeie nuus vir Jerusalem bring.
Roep hard uit, moenie bang wees nie.
Sê vir die stede van Juda: “Hier is julle God.”+
10 Kyk! Die Soewereine Heer Jehovah sal met mag kom,
en sy arm sal vir hom heers.+
Die beloning wat God gee, is by hom,
en die loon wat hy betaal, is voor hom.+