-
Lukas 11:9-13Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
9 Daarom sê ek vir julle: Hou aan vra,+ en daar sal vir julle gegee word. Hou aan soek, en julle sal vind. Hou aan klop, en daar sal vir julle oopgemaak word.+ 10 Want elkeen wat vra, ontvang,+ en elkeen wat soek, vind, en vir elkeen wat klop, sal daar oopgemaak word. 11 Ja, watter pa onder julle sal, as sy seun ’n vis vra, vir hom ’n slang in plaas van ’n vis gee?+ 12 Of sal hy vir hom ’n skerpioen gee as hy ’n eier vra? 13 As julle wat goddeloos is, dan weet hoe om goeie dinge vir julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die Vader in die hemel heilige gees gee vir dié wat hom vra!”+
-