-
Markus 4:37-41Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
37 En ’n baie groot windstorm het losgebars, en die golwe het aanhoudend by die boot ingeslaan, en die boot was amper vol.+ 38 Maar Jesus het in die agterste deel van die boot op die kussing geslaap. En hulle het hom wakker gemaak en vir hom gevra: “Leermeester, gee u nie om dat ons op die punt staan om dood te gaan nie?” 39 Toe het hy opgestaan en die wind bestraf en vir die see gesê: “Bedaar! Wees stil!”+ En die wind het gaan lê, en ’n groot kalmte het oor die see gekom. 40 Toe het hy vir hulle gevra: “Hoekom is julle so bang? Het julle nog steeds geen geloof nie?” 41 Maar hulle het baie bang geword, en hulle het vir mekaar gesê: “Wie is hy regtig? Selfs die wind en die see gehoorsaam hom.”+
-
-
Lukas 8:23-25Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
23 Maar terwyl hulle geseil het, het hy aan die slaap geraak. En ’n groot windstorm het oor die meer losgebars, en hulle boot het vol water begin word en was in gevaar.+ 24 Hulle het hom toe gaan wakker maak en gesê: “Onderrigter, Onderrigter, ons staan op die punt om dood te gaan!” Toe het hy opgestaan en die wind en die onstuimige water bestraf, en dit het bedaar, en ’n kalmte het oor die meer gekom.+ 25 Toe het hy vir hulle gevra: “Waar is julle geloof?” Maar hulle was bang en verbaas en het vir mekaar gesê: “Wie is hy regtig? Want hy beveel selfs die wind en die water, en dit gehoorsaam hom.”+
-