-
Lukas 7:24-28Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
24 Toe Johannes se boodskappers daar weg is, het Jesus met die skare oor Johannes begin praat en gesê: “Waarna wou julle in die wildernis gaan kyk? ’n Riet wat deur die wind heen en weer gewaai word?+ 25 Waarna wou julle gaan kyk? ’n Man wat sagte* klere dra?+ Dié wat pragtige klere dra en in weelde lewe, is in paleise.* 26 Waarna wou julle dan nou eintlik gaan kyk? ’n Profeet? Ja, sê ek vir julle, en baie meer as ’n profeet.+ 27 Dit is die een oor wie daar geskryf is: ‘Kyk! Ek stuur my boodskapper voor jou uit, wat jou weg vir jou sal voorberei.’+ 28 Ek sê vir julle: Van almal wat al gebore is, is daar niemand groter as Johannes nie. Tog is die persoon wat die kleinste in die Koninkryk van God is, groter as hy.”+
-