-
Markus 12:24-27Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
24 Jesus het vir hulle gesê: “Julle misgis julle, want julle ken nie die Skrif nie en ook nie die krag van God nie.+ 25 Want wanneer hulle uit die dood opstaan, trou mans nie en word vrouens ook nie in die huwelik gegee nie, maar hulle is soos engele in die hemel.+ 26 Het julle nie in die boek van Moses gelees wat God vir hom by die doringbos gesê het nie? God het van die opstanding gepraat toe hy gesê het: ‘Ek is die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob.’+ 27 Hy is nie ’n God van die dooies nie, maar van die lewendes. Julle misgis julle heeltemal.”+
-