-
Markus 14:17-21Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
17 Toe dit aand geword het, het hy met die Twaalf gekom.+ 18 En terwyl hulle aan tafel was en geëet het, het Jesus gesê: “Hiervan kan julle seker wees: Een van julle wat saam met my eet, sal my verraai.”+ 19 Hulle het hartseer geword en het een vir een vir hom gevra: “Dit is tog seker nie ek nie?” 20 Hy het vir hulle gesê: “Dit is een van die Twaalf, die een wat sy hand saam met my in die bak steek.+ 21 Want die Seun van die mens gaan weg, net soos daar oor hom geskryf is, maar dit sal sleg gaan met die man deur wie die Seun van die mens verraai word!+ Dit sou vir daardie man beter gewees het as hy nooit gebore was nie.”+
-