-
Matteus 16:5-12Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
5 Die dissipels het na die oorkant gegaan en het vergeet om brood saam te vat.+ 6 Jesus het vir hulle gesê: “Hou julle oë oop en pasop vir die suurdeeg van die Fariseërs en Sadduseërs.”+ 7 Toe het hulle onder mekaar begin redeneer en gesê: “Ons het nie brood saamgebring nie.” 8 Jesus het dit geweet en gesê: “Hoekom praat julle so onder mekaar oor die feit dat julle nie brood by julle het nie? Waar is julle geloof? 9 Verstaan julle nog nie waaroor dit gaan nie? Of het julle vergeet van die vyf brode waarvan die 5 000 geëet het en hoeveel mandjies vol julle opgetel het?+ 10 Of van die sewe brode waarvan die 4 000 geëet het en hoeveel groot mandjies* julle vol gemaak het?+ 11 Hoe is dit dat julle nie verstaan dat ek nie met julle oor brood gepraat het nie? Maar pasop vir die suurdeeg van die Fariseërs en Sadduseërs.”+ 12 Toe het hulle verstaan dat hy nie gesê het dat hulle moet oppas vir die suurdeeg van brood nie, maar vir die leringe van die Fariseërs en Sadduseërs.
-