-
Matteus 9:3-8Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
3 Van die skrifgeleerdes het vir hulleself gesê: “Hierdie man laster.” 4 Omdat Jesus geweet het wat hulle dink, het hy gesê: “Hoekom dink julle slegte dinge?+ 5 Wat is byvoorbeeld makliker? Om te sê: ‘Jou sondes is vergewe,’ of om te sê: ‘Staan op en loop’?+ 6 Maar om julle te laat besef dat die Seun van die mens gesag op die aarde het om sondes te vergewe . . . ” Hy het toe vir die verlamde man gesê: “Staan op, tel jou bed op en gaan na jou huis toe.”+ 7 En hy het opgestaan en na sy huis toe gegaan. 8 Toe die skare dit sien, het hulle bang geword, en hulle het God geloof, wat sulke gesag aan mense gegee het.
-
-
Lukas 5:21-26Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
21 Toe het die skrifgeleerdes en die Fariseërs begin redeneer en gevra: “Wie is dit wat so laster? Wie kan sondes vergewe, behalwe God alleen?”+ 22 Maar omdat Jesus geweet het wat hulle dink, het hy hulle geantwoord: “Hoekom dink julle hierdie dinge?* 23 Wat is makliker? Om te sê: ‘Jou sondes is vergewe,’ of om te sê: ‘Staan op en loop’? 24 Maar om julle te laat besef dat die Seun van die mens gesag op die aarde het om sondes te vergewe . . . ” Hy het toe vir die verlamde man gesê: “Ek sê vir jou: Staan op, tel jou bed op en gaan na jou huis toe.”+ 25 Toe het hy voor hulle opgestaan, die bed opgetel waarop hy gelê het en na sy huis toe gegaan terwyl hy God geloof het. 26 Almal was stom van verbasing, en hulle het God begin loof, en hulle is met ontsag vervul en het gesê: “Ons het vandag wonderlike dinge gesien!”
-