Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Matteus 26:69-75
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 69 Terwyl Petrus in die binnehof gesit het, het ’n diensmeisie na hom toe gekom en gesê: “Jy was ook saam met Jesus die Galileër!”+ 70 Maar hy het dit voor hulle almal ontken en gesê: “Ek weet nie waarvan jy praat nie.” 71 ’n Ander meisie het hom gesien toe hy na die poorthuis gaan, en sy het vir die mense daar gesê: “Hierdie man was saam met Jesus die Nasarener.”+ 72 Hy het dit weer ontken en gesweer: “Ek ken nie die man nie!” 73 Ná ’n rukkie het die mense wat daar rondgestaan het, nader gekom en vir Petrus gesê: “Jy is beslis ook een van hulle, want jou dialek* verraai jou.” 74 Toe het hy begin sweer dat hy die waarheid praat, en hy het gesê: “Ek ken nie die man nie!” En onmiddellik het ’n haan gekraai. 75 En Petrus het onthou dat Jesus gesê het: “Voordat ’n haan kraai, sal jy drie keer sê dat jy my nie ken nie.”+ En hy het buitentoe gegaan en bitterlik gehuil.

  • Markus 14:66-72
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 66 En terwyl Petrus onder in die binnehof was, het een van die diensmeisies van die hoëpriester daar aangekom.+ 67 Toe sy Petrus sien, wat besig was om hom warm te maak, het sy reguit na hom gekyk en gesê: “Jy was ook saam met die Nasarener, hierdie Jesus.” 68 Maar hy het dit ontken en gesê: “Ek ken hom nie en ek weet ook nie waarvan jy praat nie,” en hy het buitentoe gegaan na die voorportaal toe. 69 Toe die diensmeisie hom sien, het sy weer vir die mense wat daar staan, begin sê: “Hy is een van hulle.” 70 Hy het dit weer ontken. En ná ’n rukkie het die mense wat daar gestaan het, weer vir Petrus begin sê: “Jy is beslis een van hulle, want jy is ’n Galileër.” 71 Maar hy het begin sweer dat hy die waarheid praat, en hy het gesê: “Ek ken nie hierdie man van wie julle praat nie!” 72 Onmiddellik het ’n haan ’n tweede keer gekraai,+ en Petrus het onthou wat Jesus vir hom gesê het: “Voordat ’n haan twee keer kraai, sal jy drie keer sê dat jy my nie ken nie.”+ En hy het in trane uitgebars.

  • Johannes 18:18
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 18 En die slawe en die beamptes het om ’n vuur gestaan wat hulle gemaak het, want dit was koud, en hulle het hulle warm gemaak. Petrus het by hulle gestaan en dieselfde gedoen.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel