Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Matteus 14:14-17
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 14 Toe hy uit die boot klim, het hy ’n groot skare gesien, en hy het baie jammer vir hulle gevoel+ en die siek mense onder hulle genees.+ 15 Maar toe dit aand word, het sy dissipels na hom toe gekom en gesê: “Ons is op ’n afgeleë plek, en dit is al laat. Stuur die skare weg, sodat hulle in die dorpies kan ingaan en vir hulle kos kan koop om te eet.”+ 16 Maar Jesus het vir hulle gesê: “Hulle hoef nie weg te gaan nie. Gee julle vir hulle iets om te eet.” 17 Hulle het vir hom gesê: “Ons het niks hier nie, behalwe vyf brode en twee visse.”

  • Markus 6:35-38
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 35 Dit het toe al laat geword, en sy dissipels het na hom toe gekom en gesê: “Ons is op ’n afgeleë plek, en dit is al laat.+ 36 Stuur hulle weg, sodat hulle na die omliggende platteland en dorpies kan gaan en vir hulle iets kan koop om te eet.”+ 37 Hy het hulle geantwoord: “Gee julle vir hulle iets om te eet.” Toe het hulle vir hom gevra: “Wil u hê dat ons brood vir 200 denaʹrii* moet gaan koop en dit vir die mense moet gee om te eet?”+ 38 Hy het vir hulle gesê: “Hoeveel brode het julle? Gaan kyk.” Nadat hulle uitgevind het, het hulle gesê: “Vyf, en ook twee visse.”+

  • Lukas 9:12, 13
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 12 Teen die einde van die dag het die Twaalf nader gekom en vir hom gesê: “Stuur die skare weg, sodat hulle na die omliggende dorpies en platteland kan gaan om kos en blyplek te kry, want ons is hier op ’n afgeleë plek.”+ 13 Maar hy het vir hulle gesê: “Gee julle vir hulle iets om te eet.”+ Hulle het gesê: “Ons het net vyf brode en twee visse, tensy ons miskien self vir al hierdie mense gaan kos koop.”

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel