-
Handelinge 9:39, 40Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
39 Toe het Petrus opgestaan en saam met hulle gegaan, en toe hy daar aankom, het hulle hom na die bo-kamer geneem. Daar het al die weduwees by hom kom staan terwyl hulle gehuil het en vir hom baie van die klere* gewys het wat Dorkas gemaak het toe sy nog by hulle was. 40 Petrus het toe almal uitgestuur,+ op sy knieë gegaan en gebid. Toe het hy na die liggaam gedraai en gesê: “Tabiʹta, staan op!” Sy het haar oë oopgemaak, en toe sy Petrus sien, het sy regop gesit.+
-