27 In daardie dae het profete+ van Jerusalem na Antioʹgië gekom. 28 Een van hulle, met die naam Aʹgabus,+ het opgestaan en deur middel van die gees voorspel dat ’n groot hongersnood binnekort oor die hele aarde sou kom,+ wat toe in die tyd van Claudius plaasgevind het.