23 En hy het twee van die militêre offisiere geroep en vir hulle gesê: “Kry 200 soldate, 70 perderuiters en 200 spiesvegters gereed om teen die derde uur van die nag tot by Sesareʹa te gaan. 24 Sorg ook dat daar perde beskikbaar is om Paulus veilig na Feliks die goewerneur te neem.”