-
Titus 1:1, 2Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
1 Van Paulus, ’n slaaf van God en ’n apostel van Jesus Christus volgens die geloof van dié wat God uitgekies het en die akkurate kennis van die waarheid wat verband hou met toegewydheid aan God. 2 Hierdie dinge is gebaseer op die hoop op ewige lewe+ wat God, wat nie kan lieg nie,+ lank gelede belowe het.
-