-
Daniël 3:23-25Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
23 En hierdie drie manne, Sadrag, Mesag en Abedneʹgo, wat vasgebind was, het in die brandende vuuroond geval.
24 Koning Nebukadneʹsar het toe bang geword en dadelik opgestaan en vir sy hoë amptenare gevra: “Het ons nie drie manne vasgebind en in die vuur gegooi nie?” Hulle het die koning geantwoord: “Ja, o koning.” 25 Hy het gesê: “Kyk! Ek sien vier manne in die vuur rondloop. Hulle is nie vasgebind nie en hulle makeer niks nie. En die vierde man lyk soos ’n seun van die gode.”
-