Job
8 Bildad,+ die Suhiet,+ het toe gesê:
2 “Hoe lank sal jy aanhou om sulke dinge te sê?+
Jou woorde is maar net soos ’n sterk wind!
3 Sal God die reg verdraai,
of sal die Almagtige regverdigheid verdraai?
4 As jou kinders teen hom gesondig het,
het hy hulle gestraf vir hulle sonde.
5 Maar as jy net op God sou vertrou+
en die Almagtige om genade sou smeek,
6 en as jy regtig rein en regverdig is,+
dan sal hy aandag aan jou skenk
en jou weer die plek gee wat jy verdien.
9 Want ons is maar gister gebore, en ons weet niks,
want ons dae op die aarde gaan verby soos ’n skaduwee.
10 Sal hulle jou nie leer
en jou vertel wat hulle weet nie?
11 Sal ’n papirusplant hoog groei as daar nie ’n vlei is nie?
Sal ’n riet hoog groei as daar nie water is nie?
12 Dit sal verdroog terwyl dit nog jonk is en nog nie gepluk kan word nie.
Dit sal vinniger as enige ander plant verdroog.
14 Sy vertroue is tevergeefs.
Die dinge waarop hy vertrou, is soos ’n spinnerak.
15 Hy sal teen sy huis leun, maar dit sal nie bly staan nie.
Hy sal daaraan probeer vashou, maar dit sal inmekaarval.
17 Sy wortels is in ’n kliphoop ineengevleg.
Hy probeer hom tussen die klippe vestig.
20 God sal dié wat hulle integriteit* behou, beslis nie verwerp nie,
en hy sal ook nie goddelose mense ondersteun* nie,
21 want hy sal jou weer laat lag,
en jy sal weer van vreugde uitroep.
22 Dié wat jou haat, sal met skande bedek word,
en die tent van die goddeloses sal nie meer bestaan nie.”