Hosea
5 “Luister hierna, o priesters,+
skenk aandag, o huis van Israel,
let op, o huis van die koning,
want die oordeel het met julle te doen.
Want julle is ’n strik vir Mispa
en ’n vangnet wat oor Tabor uitgesprei is.+
3 Ek ken Eʹfraim,
en Israel kan nie vir my wegkruip nie.
Want jy, o Eʹfraim, het gehoereer.*
Israel het homself onrein gemaak.+
4 Hulle dade laat hulle nie toe om na hulle God terug te keer nie,
omdat daar ’n gees van
en hulle erken Jehovah nie.
5 Israel se trots getuig teen hom.+
Israel sowel as Eʹfraim struikel deur hulle oortreding.
En Juda struikel saam met hulle.+
6 Met hulle kleinvee en hulle beeste het hulle Jehovah gaan soek,
maar hulle kon hom nie vind nie.
Hy het hulle verlaat.+
Nou sal hulle en hulle eiendom* binne ’n maand verwoes word.*
8 Blaas ’n horing+ in Giʹbea, ’n trompet in Rama!+
Roep ’n oorlogskreet uit in Bet-Awen+ – ons is agter jou, o Benjamin!
9 O Eʹfraim, op die dag van straf sal jy iets skokkends word.+
Ek het bekend gemaak wat vir seker met die stamme van Israel sal gebeur.
10 Die leiers van Juda is soos dié wat ’n grens verskuif.+
Ek sal my woede soos water oor hulle uitstort.
11 Eʹfraim word onderdruk, deur die oordeel verpletter,
want hy was vasbeslote om agter sy vyand aan te loop.+
12 Daarom was ek soos ’n mot vir Eʹfraim
en soos verrotting vir die huis van Juda.
13 Toe Eʹfraim sy siekte gesien het, en Juda sy sweer,
het Eʹfraim na Assiʹrië gegaan+ en boodskappers na ’n groot koning gestuur.
Maar hy kon julle nie genees nie,
en hy kon nie julle sweer gesond maak nie.
14 Want ek sal soos ’n jong leeu* teenoor Eʹfraim wees,
en soos ’n sterk leeu teenoor die huis van Juda.
Ek sal verskeur en weggaan.+
Ek sal hulle wegdra, en niemand sal hulle red nie.+
15 Ek sal weggaan en na my plek terugkeer totdat hulle die gevolge van hulle skuld dra,
en dan sal hulle my goedkeuring soek.+
Wanneer hulle swaarkry, sal hulle my soek.”+