Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling Oorsig van Spreuke SPREUKE OORSIG 1 Doel van die spreuke (1-7) Gevare van slegte assosiasie (8-19) Ware wysheid roep uit in openbaar (20-33) 2 Waarde van wysheid (1-22) Soek na wysheid soos na versteekte skatte (4) Denkvermoë ’n beskerming (11) Onsedelikheid lei tot rampspoed (16-19) 3 Wees wys en vertrou op Jehovah (1-12) Eer Jehovah met waardevolle dinge (9) Wysheid bring geluk (13-18) Wysheid bring veiligheid (19-26) Gepaste gedrag teenoor ander (27-35) “Moenie die goeie terughou” (27) 4 ’n Pa se wyse raad (1-27) Wysheid van grootste belang (7) Vermy slegte paaie (14, 15) Pad van regverdiges word helderder (18) “Beskerm jou hart” (23) 5 Waarskuwing teen onsedelike vrouens (1-14) “Vind vreugde in die vrou van jou jeug” (15-23) 6 Wees versigtig om borg te staan (1-5) “Gaan na die mier, jou luiaard” (6-11) Nikswerd en goddelose man (12-15) Sewe dinge wat Jehovah haat (16-19) Pasop vir slegte vrouens (20-35) 7 Gehoorsaam God se gebooie en lewe (1-5) Onervare jong man verlei (6-27) “Soos ’n bul wat geslag gaan word” (22) 8 Wysheid praat (1-36) ‘Ek is die eerste van God se werke’ (22) ‘As meesterwerker saam met God’ (30) ‘Ek was lief vir die mensekinders’ (31) 9 Uitnodiging van ware wysheid (1-12) “Deur my sal jou dae baie wees” (11) Uitnodiging van dwase vrou (13-18) “Gesteelde waters is soet” (17) SPREUKE VAN SALOMO (10:1–24:34) 10 Wyse seun maak sy pa bly (1) Hardwerkende hande bring rykdom (4) Baie praat lei tot oortreding (19) Seën van Jehovah maak ryk (22) Vrees vir Jehovah lei tot langer lewe (27) 11 Wysheid is by dié wat beskeie is (2) Afvallige veroorsaak ander se ondergang (9) “Met baie raadgewers word sukses behaal” (14) Vrygewige persoon sal voorspoedig wees (25) Een wat op rykdom vertrou, sal tot ’n val kom (28) 12 Een wat teregwysing haat, verstandeloos (1) Woorde soos swaardsteke (18) Om vrede te bevorder, bring vreugde (20) Lippe wat leuens vertel, is vir Jehovah afskuwelik (22) Angstigheid maak mens terneergedruk (25) 13 Dié wat raad soek, is wys (10) Uitgestelde verwagting maak hart siek (12) Betroubare boodskapper bring genesing (17) Assosiasie met wyse persone maak mens wys (20) Dissipline, bewys van liefde (24) 14 Net jy ken pyn in jou hart (10) Weg wat reg lyk, kan na dood lei (12) Onervarene glo elke woord (15) Ryk man het baie vriende (20) Kalm hart beteken lewe vir liggaam (30) 15 Sagte antwoord laat woede bedaar (1) Jehovah se oë is oral (3) Gebed van getroues vir God aangenaam (8) Planne misluk as saak nie bespreek word nie (22) Dink na voordat jy antwoord (28) 16 Jehovah kyk na rede waarom mens iets doen (2) Vertrou wat jy doen, aan Jehovah toe (3) Akkurate weegskaal kom van Jehovah (11) Trots lei tot ondergang (18) Grys hare ’n pragtige kroon (31) 17 Moenie goeie met slegte terugbetaal nie (13) Gaan weg voordat stryery begin (14) Ware vriend betoon altyd liefde (17) “Vreugdevolle hart is soos goeie medisyne” (22) Man met insig hou woorde terug (27) 18 Iemand wat hom afsonder, is selfsugtig en onverstandig (1) Jehovah se naam ’n sterk toring (10) Rykdom bied beskerming in ryk man se verbeelding (11) Wys om na albei partye te luister (17) Vriend wat lojaler is as broer (24) 19 Insig keer dat mens gou kwaad word (11) Stryerige vrou soos dak wat lek (13) Verstandige vrou kom van Jehovah (14) Dissiplineer kind terwyl daar hoop is (18) Wys om na raad te luister (20) 20 Wyn maak mense belaglik (1) Luiaard ploeg nie in winter nie (4) Man se gedagtes soos diep waters (5) Moenie oorhaastig beloftes aan God maak nie (25) Prag van jong manne is hulle krag (29) 21 Jehovah kan koning se hart lei (1) Om te doen wat reg is, beter as offerande (3) Harde werk lei tot sukses (5) Een wat armes ignoreer, sal nie gehoor word nie (13) Geen wysheid teen Jehovah nie (30) 22 Goeie naam beter as baie rykdom (1) “Lei ’n kind op” (6) Luiaard bang vir leeu buite (13) Dissipline verwyder dwaasheid (15) Goeie werker sal voor konings staan (29) 23 Wees beskeie as jy gasvryheid geniet (2) Moenie rykdom najaag nie (4) Rykdom kan wegvlieg (5) Bly weg van dié wat te veel drink (20) Alkohol sal soos slang byt (32) 24 “Moenie jaloers wees op goddelose mense nie” (1) “Deur wysheid word ’n huis opgebou” (3) Regverdige kan val, maar sal opstaan(16) Moenie wraak neem nie (29) Luiheid lei tot armoede (33, 34) SPREUKE VAN SALOMO WAT KONING HISKIA SE MANNE OPGESKRYF HET (25:1–29:27) 25 Vertroulikheid (9) Woord op regte tyd (11) Respekteer privaatheid (17) Kole op vyand se kop (21, 22) Goeie berig soos koue water (25) 26 Beskrywing van luiaard (13-16) Moenie betrokke raak wanneer ander stry nie (17) “Dit was net ’n grap” (18, 19) Geen hout, geen vuur (20, 21) Lasteraar se woorde soos lekker eetgoed (22) 27 Teregwysing van vriend is goed (5, 6) My seun, maak my hart bly (11) Yster slyp yster (17) Weet hoe dit met jou kudde gaan (23) “Rykdom hou nie vir ewig nie” (24) 28 Gebed van ongehoorsame is afskuwelik (9) Genade vir persoon wat sonde bely (13) Moenie probeer om vinnig ryk te word nie (20) Teregwysing beter as vleiery (23) Vrygewige kom niks kort nie (27) 29 Kind aan homself oorgelaat, bring skande (15) Sonder God se leiding ruk volk handuit (18) Man wat gou kwaad word, maak moeilikheid (22) Nederige verkry eer (23) Mensevrees ’n strik (25) 30 WOORDE VAN AGUR (1-33) Moenie vir my rykdom of armoede gee nie (8) Dinge wat nooit versadig raak nie (15, 16) Dinge wat geen spoor agterlaat nie (18, 19) Vrou wat egbreuk pleeg (20) Diere instinktief wys (24) 31 WOORDE VAN KONING LEMUEL (1-31) “Wie kan ’n goeie vrou vind?” (10) Hardwerkend (17) Onderrig met liefde (26) Man en kinders prys haar (28) Sjarme en mooi voorkoms hou nie vir altyd nie (30)