Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g97 5/8 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—1997
  • Soortgelyke materiaal
  • Disleksie het my nie teruggehou nie
    Ontwaak!—2009
  • Bied die frustrasie van disleksie die hoof
    Ontwaak!—1996
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1997
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—2010
Sien nog
Ontwaak!—1997
g97 5/8 bl. 30

Van ons lesers

Disleksie Ek skryf om my opregte dank uit te spreek vir die artikel “Bied die frustrasie van disleksie die hoof” (8 Augustus 1996). Nadat ons die venster “Hoe om vas te stel of kinders disleksie het” gelees het, het ek en my man ons tienjarige seun laat toets. Ons het uitgevind dat hy wel aan disleksie ly en doen nou stappe om hom tuis sowel as by die skool die nodige hulp te gee. Sy onderwysers het nog altyd vir ons gesê dat hy baie knap is, maar dat hy hom nie wou toelê nie. Julle kan julle dus voorstel hoe dankbaar ons is dat hierdie artikel gepubliseer is.

J. S., Skotland

As die ma van twee kinders met disleksie was ek baie bly om hierdie artikel te lees. Dit het op ’n uitstekende manier vir ander gewys dat hierdie gestremdheid ’n werklikheid is en hoe moeilik dit vir diegene is wat dit het. Kan jy jou voorstel dat jy nie ’n padteken kan lees nie? Of dat jy kos van ’n spyskaart probeer bestel terwyl jy nie kan lees wat dit sê nie? Ek is seker dat lyers die inligting goed sal gebruik.

M. K., Verenigde State

Bedreigde spesies Ek wil julle opreg bedank vir die reeks “Bedreigde spesies—Waarom besorg wees?” (8 Augustus 1996). Ons loop werklik die gevaar om ’n skat te verloor. Die artikel het my begeerte lewendig gehou om in God se beloofde nuwe wêreld te lewe, waar diere sal kan lewe sonder om deur uitwissing bedreig te word.

D. I., Albanië

Vlugtelingkrisis Ek is ’n vlugteling van Burundi, en ek wil graag my waardering uitspreek vir die reeks “Die vlugtelingkrisis—Sal dit ooit eindig?” (22 Augustus 1996). Dit het my grootliks bemoedig om Jehovah se beskouing van hierdie saak te leer en hoe hy, in die ou tyd, sy volk met liefderyke goedhartigheid teenoor vlugtelinge laat optree het. Ek bedank julle vir die artikels; hulle het my werklik vertroos.

D. M., Kenia

Bustragedie Terwyl ek die artikel “Oorkom tragedie in Jehovah se krag” (22 Augustus 1996) gelees het, kon ek my trane nie bedwing nie omdat dit my diep geraak het. Ek was ook, saam met my beste vriendin, in ’n ongeluk betrokke. Sy het ’n paar uur later as gevolg van ernstige beserings gesterf. In die loop van die daaropvolgende vyf jaar het ek die intense gevoelens van droefheid en skuld oorkom wat ek gehad het omdat ek die ongeluk oorleef het en sy nie. Ek vertrou op Jehovah dat hy my liewe vriendin sal onthou. Ek het ook diep medelye met diegene wie se geliefdes in hierdie tragedie in Spanje gesterf het.

J. T., Verenigde State

Hakkel Dankie vir die artikel “Selfs ‘die tong van die hakkelaars sal spreek’” (22 Augustus 1996). Petr Kunc se ondervinding het my grootliks bemoedig. Ek hakkel ook. Voordat ek ’n Bybeltoespraak hou, vra ek Jehovah altyd om my te help sodat ek my duidelik kan uitdruk.

M. M., Italië

Toe ek 20 geword het, het ek dit moeilik gevind om met ander en van die verhoog af by die Koninkryksaal van Jehovah se Getuies te praat. Ná ’n toewysing het die sweet my afgetap en was ek verskriklik moeg. Dit is werklik ’n groot aanmoediging om ’n ondervinding van ’n mede-Christen te lees wat Jehovah ondanks hierdie probleem dien. Dit het my gehelp om ’n positiewe beskouing oor sake te hê.

M. S., Japan

Ek moet julle eenvoudig bedank dat julle hierdie ondervinding gepubliseer het. Sedert my kinderdae het ek dieselfde probleem. Soos Petr dien ek as ’n ouer man in die gemeente, en ek moet op Jehovah vertrou vir krag om my aanwysings uit te voer. Ek behartig nou die Teokratiese Bedieningskool en help ander met hulle spraak.

N. O. N., Nigerië

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel