Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g99 3/8 bl. 21
  • ’n Boom wat sing

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Boom wat sing
  • Ontwaak!—1999
  • Soortgelyke materiaal
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1999
  • Volmaakte huishoudstertjies
    Ontwaak!—1994
  • Die boom wat vroeg wakker word
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2026
  • Hulle het dorings in die vlees verduur
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2002
Sien nog
Ontwaak!—1999
g99 3/8 bl. 21

’n Boom wat sing

DEUR ONTWAAK!-MEDEWERKER IN KENIA

IN DIE oneindige grasvlaktes van Afrika staan ’n boom wat dikwels sing. Die boom is ’n soort akasia en is bekend as die fluitjiesdoring. Waarom? Omdat dit klink of die boom fluit wanneer die wind deur die delikate takke daarvan waai.

’n Pragtige, vrolike klank word voortgebring wanneer die boom se buitengewone lang en dun dorings in die wind vibreer. Die boom se hol knoppe bring ’n klank voort wat baie soos ’n leë bottel klink wanneer ’n mens daaroor blaas, en dit dra by tot die melodie van die dorings. Hierdie “instrumente” word deur miere gevorm wat blykbaar die knoppe, die miere se ronde huisies, uithol en dan piepklein gaatjies as in- en uitgange maak. Omdat die knoppe en gaatjies van verskillende groottes is, bring hulle klanke van verskillende toonhoogtes voort. Hierdie klanke dra tot die uniekheid en prag van die fluitjiesdoring by.

Hierdie boom herinner ons aan die woorde van die psalmis wat in beeldspraak gesê het: ‘Al die bome van die bos sal jubel [met sang] voor die aangesig van die HERE’ (Psalm 96:12, 13). Trouens, wanneer die wind deur die dorings en die fluitagtige knoppe waai, bring hulle’n pragtige, treffende lied van Afrika voort.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel