Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g16 nr. 2 bl. 14-15
  • Die kleurvolle ara-papegaai

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die kleurvolle ara-papegaai
  • Ontwaak!—2016
  • Soortgelyke materiaal
  • Nabootsers word bedreig
    Ontwaak!—2002
  • Die wêreld se eensaamste voël
    Ontwaak!—1996
  • Inhoudsopgawe
    Ontwaak!—2016
  • Australië se lawaaierige, lastige papegaaie
    Ontwaak!—1995
Sien nog
Ontwaak!—2016
g16 nr. 2 bl. 14-15
’n Blou-en-geel-ara

Die blou-en-geel-ara. Lengte: 85 cm

Die kleurvolle ara-papegaai

DIE lug is ’n skouspel van kleur wanneer ’n swerm voëls van die woud se blaredak opvlieg! Die Europese ontdekkingsreisigers wat laat in die 15de eeu in Sentraal- en Suid-Amerika aangekom het, het hulle oor hierdie pragtige toneel verwonder. Wat hulle gesien het, was ara-papegaaie. Hulle het lang sterte en word in die tropiese dele van die Amerikas gevind. Kort voor lank het prente van hierdie pragtige voëls op landkaarte van die streek verskyn as ’n simbool van hierdie nuwe paradys.

Wanneer dit kom by helderkleurige voëls, het net die mannetjies gewoonlik helder kleure, maar ara-wyfies het ook helder kleure. Aras is intelligente, sosiale voëls wat harde skreeu- en skrilgeluide maak. Hulle het ook die gewoonte om mekaar se vere skoon te maak en plat te stryk. Die swerms bestaan uit tot ongeveer 30 voëls, en hulle verlaat hulle neste vroeg in die oggend om te soek na saadjies, tropiese vrugte en ander kos. Soos alle papegaaie, gebruik hulle dikwels hulle kloue om kos vas te hou, wat hulle dan met hulle skerp, krom snawel byt. Hulle kan selfs die harde dop van ’n neut oopkraak! Nadat hulle geëet het, gaan sit hulle gewoonlik teen kranse of op rivieroewers en peusel hulle aan klei. Die klei help moontlik om gifstowwe in hulle kos te neutraliseer en voorsien hulle van noodsaaklike minerale.

“Alles het [God] mooi gemaak op die tyd daarvoor.”—Prediker 3:11

Aras behou lewenslank dieselfde maat, en hulle werk saam om hulle kuikens groot te maak. Hulle maak nes in boomholtes, in gate in rivierwalle en miershope of in die holtes en skeure in kranse. Hoewel die jong voëls teen ses maande volgroeid is, bly hulle omtrent drie jaar lank by hulle ouers. In die natuur word aras tussen 30 en 40 jaar oud, maar in aanhouding het party al ouer as 60 geword. Daar is ongeveer 18 soorte, en ’n paar daarvan kan hier gesien word.

Groenvlerk-ara

Die groenvlerk-ara. Lengte: tot 95 cm

’n Skarlakenrooi-ara

Die skarlakenrooi-ara. Lengte: 85 cm

Blou-ara

Die blou-ara. Lengte: tot 100 cm Die grootste van alle papegaaie. Hy kan meer as 1,3 kg weeg

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel