Binneblad
Liewe Leser
Wyse koning Salomo het geskryf: “Verbly jou, jong man [of jong vrou], in jou jeug, en laat jou hart aan jou goed doen in die dae van jou jonkheid, en wandel in die weë van jou hart en in die dinge wat jou oë sien” (Prediker 11:9). Wanneer jy jonk is, kan die lewe baie interessant en opwindend wees, en ons wil hê jy moet dit geniet. Maar ons moedig jou aan om dit te geniet op ’n manier wat Jehovah God gelukkig maak. Onthou altyd dat hy kan sien wat jy met jou lewe doen en dat hy jou daarvolgens sal oordeel. Hoe verstandig is dit dan tog om Salomo se verdere raad te volg: “Dink dan nou aan jou Grootse Skepper in die dae van jou jonkheid.”—Prediker 12:1.
Ons hoop van harte dat die inligting in hierdie boek jou sal help om die druk en versoekings te weerstaan waarvoor vandag se jongmense te staan kom, en dat dit jou sal wys hoe jy besluite kan neem wat in ooreenstemming met God se wil is. As jy dit doen, sal jy Jehovah se hart bly maak.—Spreuke 27:11.
Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies