Rolmodel—Die arm weduwee
Jesus kyk na die ryk mense wat bydraes in die tempelskatkis gooi. In die skare sien hy ’n arm weduwee wat “twee muntstukkies van baie min waarde” gee (Lukas 21:2). Jesus prys haar vrygewige daad. Waarom? Omdat die ander “uit hulle oorvloed ingegooi [het], maar sy het in haar gebrek alles ingegooi wat sy gehad het, haar hele lewensonderhoud”.—Markus 12:44.
Het jy dieselfde prioriteite as wat hierdie vrou gehad het? Is jy bereid om jou tyd en geld in God se diens te gebruik? Soos die arm weduwee, kan jy bydra tot die onderhoud van plekke van aanbidding. Jy kan ook jou tyd en geld gebruik om ander te help om van Jehovah God te leer. Jehovah het die klein bietjie wat die weduwee vir sy diens gegee het, gesien en waardeer. God sal jou as persoon ook waardeer en help as dit jou hoogste prioriteit is om sy wil te doen.—Matteus 6:33.