Rolmodel—Asaf
Asaf gaan deur ’n moeilike tyd in sy lewe. Oral om hom sien hy hoe mense God se wette oortree, en dit lyk of hulle daarmee wegkom! Daarom wonder Asaf of dit die moeite werd is om God gelukkig te probeer maak. “Waarlik, tevergeefs het ek my hart gereinig en was ek my hande in onskuld”, sê hy. Maar nadat hy diep nagedink het oor die saak, verander Asaf sy beskouing. Hy besef dat enige genot wat die goddeloses ervaar, net tydelik is. Wat is Asaf se gevolgtrekking? “Buiten u”, sê hy vir Jehovah in ’n lied, “het ek geen ander behae op die aarde nie.”—Psalm 73:3, 13, 16, 25, 27.
Miskien wonder jy soms of dit enige nut het om volgens God se standaarde te lewe. Maar wees soos Asaf en kyk dieper as die oppervlak. Dink aan die situasie van diegene wat Jehovah se wette geïgnoreer het. Geniet hulle regtig vrede? Het hulle die een of ander geheim tot geluk gevind wat diegene wat getrou aan God is, nie gevind het nie? Nadat jy oor die saak gedink het, sal jy ongetwyfeld soos Asaf voel, wat gesê het: “Dit is vir my goed om nader aan God te kom.”—Psalm 73:28.