Lied 84
“Ek wil, ja”
Gedrukte weergawe
1. God se Seun het liefde betoon.
Hy’t hier op die aarde kom woon
Om sy Vader te eer
en mense te leer;
Sy lewe voorsien ’n patroon.
Hy het deur die krag van Gods gees
die siekes en blindes genees.
En sy Vader se opdrag kom hy na;
derhalwe sê hy: ‘Ek wil, ja.’
2. Watter hulp gee God mense nou?
Hy stuur die slaaf, wys en getrou,
Om ons geest’lik te voed,
te lei en te hoed,
Geloof in opregtes te bou.
Deur ons dade toon ons aktief
ons het almal inniglik lief.
En as wese en weduwees hulp vra,
sê ons ook soos hy: ‘Ek wil, ja.’
(Sien ook Joh. 18:37; Ef. 3:19; Fil. 2:7.)