Lied 14
Alles word nuut gemaak
1. Die tekens bewys dat God heers op sy troon.
Met heerlikheid is God se Seun bekroon.
Hy werp Satan uit, maak die hemel skoon,
En spoedig sal God by die mensdom woon.
(REFREIN)
Wees bly! Gods tent is by die mens,
En hy vervul hul laaste wens.
Geen pyn of smart sal daar meer wees nie,
Geen dood of droefheid word gevrees nie;
Want God maak alles nuut en wonderbaar.
Sy woord is getrou en waar.
2. Die Nuwe Jerusalem het nou verskyn,
Die bruid van die Lam, wondermooi en rein.
Sy is nou getooi in juwele fyn,
En net God se lig sal daar in haar skyn.
(REFREIN)
Wees bly! Gods tent is by die mens,
En hy vervul hul laaste wens.
Geen pyn of smart sal daar meer wees nie,
Geen dood of droefheid word gevrees nie;
Want God maak alles nuut en wonderbaar.
Sy woord is getrou en waar.
3. Die heerlike stad word met vreugde verwag.
Haar poorte staan oop, beide dag en nag.
Sy hul al die nasies in helder prag;
O knegte van God, wag op daardie dag.
(REFREIN)
Wees bly! Gods tent is by die mens,
En hy vervul hul laaste wens.
Geen pyn of smart sal daar meer wees nie,
Geen dood of droefheid word gevrees nie;
Want God maak alles nuut en wonderbaar.
Sy woord is getrou en waar.
(Sien ook Matt. 16:3; Op. 12:7-9; 21:23-25.)