Lied 24
Hou jou oog op die prys!
1. Wanneer blinde oë weer kan sien,
wanneer dowe ore weer kan dien,
As die dor woestyn soos narsings bloei,
en water vloei oor grond verskroei,
Wanneer lammes spring soos herte bly,
en die dood nie meer geliefdes skei,
Alles sal jy sien, wees nou net wys,
en hou net jou oog op die prys.
2. Wanneer stommes weer hul spraak verkry,
en bejaardes hul in jeug verbly,
As die aarde weer sy opbrengs gee,
en almal wandel in Gods weë,
Wanneer kindersang die hart verbly,
wanneer vreug en vrede hier gedy,
Sal jy selfs die dooies sien verrys;
hou nou net jou oog op die prys.
3. Wanneer wolf en lam tesame wei,
wanneer beer en kalf in vrede bly,
Sal ’n kleutertjie die diere lei;
hul sal nie meer die mens vermy.
Wanneer trane nie meer daar sal wees,
is ons ook ontslae van pyn en vrees;
Alles skenk God in die Paradys;
hou nou net jou oog op die prys.
(Sien ook Jes. 11:6-9; 35:5-7; Joh. 11:24.)