Lied 37
Die Skrif—Deur God geïnspireer
Gedrukte weergawe
1. Gods Woord is ’n helder lig,
op ons pad sal dit ons rig.
Bly ons altyd getrou daarby,
dan maak die waarheid ons wel vry.
2. Deur die Skrif, geïnspireer,
kan ons Gods vereistes leer.
Help ons om dinge reg te stel
en op te tree na Gods bevel.
3. Deur die Skrif het ons geleer
om Gods liefde te waardeer.
Lees dit daagliks; dit maak ons wys
en lei ons na die lewensprys.
(Sien ook Ps. 119:105; Spr. 4:13.)