Lied 86
Getroue vroue, Christensusters
1. Sara, Maria, Ester, Rut en ander—
Deugsaam en ook vir hul mans ’n steunpilaar.
Godsvrug het hulle in als geopenbaar.
Hul was goeie vroue— ons ken hul by naam.
Daar was ander ook deur God begunstig,
Naamloos in die Bybel, maar net so trou, bekwaam.
2. Goedheid, getrouheid, moed, geloof en liefde—
Deugde soos dié is wat God se hart verbly.
Dit het ook hierdie vroom vroue onderskei.
Uit hul goeie voorbeeld kan ons almal leer.
Christensusters, volg in hulle spore,
Julle diens is kosbaar, dit word opreg waardeer.
3. Ma’s, dogters, weduwees, ja, al ons susters,
Jul dien gewillig en dra jul deel graag by.
Ned’rig, gehoorsaam probeer jul altyd bly;
Weet dat God jul goedkeur; nooit hoef jul te vrees.
Christensusters, steun net op Jehovah,
Bly by jul beginsels, dan sal hy met jul wees.
(Sien ook Fil. 4:3; 1 Tim. 2:9, 10; 1 Pet. 3:4, 5.)