Lied 134
Sien jouself wanneer alles nuut is
1. Sien jy jouself, en sien jy my,
saam in ’n wêreld waar niemand meer ly?
Stel jou net voor hoe dit sal wees
om nooit te treur en om nooit te vrees.
Geen bose mens sal dan bestaan,
Jehovah maak boosheid ongedaan;
Dan is dit die tyd vir ’n nuwe begin.
O, hoor net die lied van die hele mens’gesin:
(REFREIN)
“Jehovah ons God, ons loof u groot mag!
U maak als nuut deur u Seun se gesag.
Die vreugde in ons hart laat ons juig, laat ons sing;
’n Lied waarin ons al die lof aan u wil bring.”
2. Ja, sien jouself, en ook vir my,
in daardie wêreld van sonde bevry.
Niks wat ons sien, niks wat gebeur,
sal ons laat skrik of ons rus versteur.
Nou word vervul ons grootste wens:
Ons God, Jehovah, woon by die mens.
Daarby wek hy selfs dié wat slaap in die dood;
Dan sing ons tesaam, en ons loof sy liefde groot:
(REFREIN)
“Jehovah ons God, ons loof u groot mag!
U maak als nuut deur u Seun se gesag.
Die vreugde in ons hart laat ons juig, laat ons sing;
’n Lied waarin ons al die lof aan u wil bring.”
(Sien ook Ps. 37:10, 11; Jes. 65:17; Joh. 5:28; 2 Pet. 3:13.)