Lied 138
Jehovah is u naam
U is die ware God,
Die Bron van alle lewe,
So hoog is u verhewe—
Jehovah is u naam.
Ons is deel van u volk,
’n Voorreg wat ons hart raak.
Ons wil u naam bekend maak—
U glorieryke naam.
(REFREIN)
Jehovah, Jehovah,
Daar is geen God soos u
In die hemel of op aarde,
Net u verdien die eer.
U alleen is God Almagtig,
En dit moet almal leer.
Jehovah, Jehovah,
Ons het geen ander God as u.
U laat u knegte word
Wat u behaag, o Vader.
U trek ons al hoe nader—
Jehovah is u naam.
U het ons uitgekies
En noem ons u Getuies—
’n Volk wat toegewy is.
Ons dra met trots u naam.
(REFREIN)
Jehovah, Jehovah,
Daar is geen God soos u
In die hemel of op aarde,
Net u verdien die eer.
U alleen is God Almagtig,
En dit moet almal leer.
Jehovah, Jehovah,
Ons het geen ander God as u.
(Sien ook 2 Kron. 6:14; Ps. 72:19; Jes. 42:8.)