Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • lfb les 100 bl. 232-bl. 233 par. 2
  • Paulus en Timoteus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Paulus en Timoteus
  • Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Soortgelyke materiaal
  • Timoteus—Gereed en gewillig om te dien
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Timoteus wou mense help
    Leer jou kinders
  • Timoteus—“’n Ware kind in die geloof”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
  • “My geliefde en getroue kind in die Here”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
Sien nog
Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
lfb les 100 bl. 232-bl. 233 par. 2
Paulus, Silas en Timoteus

LES 100

Paulus en Timoteus

Eunice, Loïs en klein Timoteus

Timoteus was ’n jong broer in die gemeente in Listra. Sy pa was ’n Griek en sy ma was ’n Jood. Timoteus se ma, Eunice, en sy ouma Loïs het hom van kleins af oor Jehovah geleer.

Toe Paulus Listra besoek het tydens sy tweede predikingsreis, kon hy sien dat Timoteus regtig lief is vir die broers en hulle graag wou help. Paulus het Timoteus genooi om saam met hom op sy reis te gaan. Mettertyd het Paulus vir Timoteus opgelei om ’n goeie prediker en onderrigter van die goeie nuus te wees.

Heilige gees het Paulus en Timoteus gelei oral waar hulle gegaan het. Een nag het Paulus ’n visioen gehad waarin ’n man vir hom gesê het om na Masedonië te kom en die mense daar te kom help. Daarom het Paulus, Timoteus, Silas en Lukas soontoe gegaan om te gaan preek en om gemeentes te vorm.

In Tessalonika, ’n stad in Masedonië, het baie mans en vrouens Christene geword. Maar party van die Jode was jaloers op Paulus en op die mense wat saam met hom was. Hulle het ’n klomp mense bymekaargekry en die broers na die stad se heersers toe gebring terwyl hulle geskree het: ‘Hierdie manne is vyande van die Romeinse regering!’ Paulus en Timoteus se lewe was in gevaar, en daarom het hulle in die nag na Berea toe gevlug.

Die mense in Berea wou graag die goeie nuus leer. Grieke en Jode wat daar gebly het, het gelowiges geword. Maar toe ’n paar Jode van Tessalonika daar aankom en begin moeilikheid maak, het Paulus weggegaan na Atene toe. Timoteus en Silas het in Berea agtergebly om die broers daar te versterk. Ná ’n ruk het Paulus vir Timoteus teruggestuur Tessalonika toe om die broers daar te gaan help omdat hulle erg vervolg is. Later het Paulus vir Timoteus gestuur om baie ander gemeentes te besoek sodat hy hulle kon aanmoedig.

Terwyl die apostel Paulus onder huisarres is en aan ’n wag vasgeketting is, sê hy vir Timoteus wat om in ’n brief te skryf

Paulus het vir Timoteus gesê: ‘Diegene wat Jehovah wil dien, sal vervolg word.’ Timoteus is vervolg en in die tronk gegooi as gevolg van sy geloof. Hy was bly dat hy ’n kans gehad het om te bewys dat hy getrou is aan Jehovah.

Paulus het vir die Filippense gesê: ‘Ek stuur Timoteus na julle toe. Hy sal julle leer wat dit beteken om volgens die waarheid te lewe en hoe om te preek.’ Paulus het geweet dat hy op Timoteus kon staatmaak. Hulle was goeie vriende en het jare lank saam gewerk.

“Ek het niemand anders om te stuur wat dieselfde gesindheid as hy het en wat opreg na julle belange sal omsien nie. Want al die ander soek hulle eie belange, nie dié van Jesus Christus nie.” – Filippense 2:20, 21

Vrae: Wie was Timoteus? Hoekom was Paulus en Timoteus sulke goeie vriende?

Handelinge 16:1-12; 17:1-15; Filippense 2:19-22; 2 Timoteus 1:1-5; 3:12, 14, 15; Hebreërs 13:23

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel