Inleiding tot Deel 8
Jehovah het Salomo met groot wysheid geseën en het hom die voorreg gegee om die tempel te bou, maar hy het Jehovah geleidelik verlaat. As jy ’n ouer is, moet jy vir jou kind verduidelik hoe valse aanbidders veroorsaak het dat Salomo opgehou het om Jehovah te dien. Die koninkryk is verdeel, en slegte konings het die nasie mislei om afvallig te word en afgode te aanbid. Gedurende daardie tyd is talle lojale profete van Jehovah vervolg en doodgemaak. Koningin Isebel het die noordelike koninkryk selfs meer afvallig laat word. Dit was ’n donker tydperk in die geskiedenis van Israel. Maar daar was nog baie getroue knegte van Jehovah onder die Israeliete, insluitende koning Josafat en die profeet Elia.