Inleiding tot Deel 12
Jesus het mense oor die Koninkryk van die hemele geleer. Hy het hulle ook geleer om te bid dat God se naam geheilig moet word, dat sy Koninkryk moet kom en dat sy wil op die aarde moet geskied. As jy ’n ouer is, moet jy vir jou kind verduidelik wat hierdie gebed vir ons beteken. Jesus het nie toegelaat dat Satan hom keer om lojaal te wees nie. Jesus het sy apostels gekies, en hulle het die eerste lede van die Koninkryk geword. Let op hoe ywerig Jesus vir ware aanbidding was. Omdat Jesus ander wou help, het hy die siekes gesond gemaak, honger mense kos gegee en mense selfs weer laat lewe. Deur middel van al hierdie wonderwerke het Jesus getoon wat die Koninkryk vir die mensdom sal doen.