LIED 78
‘Leer God se Woord aan ander’
1. Dié wat Gods Woord aan ander leer,
vind vreugde in dié werk.
Die seëninge wat ons ontvang,
is werklik onbeperk.
Soos Christus sal ons liefdevol,
geduldig altyd wees.
Want ons wil mense help dat hulle
God liefkry en hom vrees.
2. As onderrigters wil ons let
op hoe ons ons gedra.
Ons voorbeeld moet vir ander wys
ons doen wat God ons vra.
Ons vind ook skatte in Gods Woord
terwyl ons dit studeer.
En ons wil ander help om dit ook
soos ons te kan waardeer.
3. Jehovah God rus ons ook toe
om goed te onderrig.
Gebed is ook noodsaaklik om
die werk te kan verrig.
Ja, ons is lief vir God se Woord
en wat ons daarin lees.
En binnekort sal dié wat luister
ook onderrigters wees!
(Sien ook Ps. 119:97; 2 Tim. 4:2; Tit. 2:7; 1 Joh. 5:14.)