LIED 147
Die belofte van ewige lewe
Gedrukte weergawe
1. Lewe volmaak en vir ewig,
vrede wat oral floreer —
seëninge skenk God vrygewig
aan dié wat hom vereer.
(REFREIN)
Die ewige lewe
is waarna ons strewe.
Gods Woord is betroubaar.
Dit word altyd waar.
2. Almal geniet nou bevryding,
niks sal die rus kan bederf.
Onder Jehovah se leiding
sal ons vrede beërf.
(REFREIN)
Die ewige lewe
is waarna ons strewe.
Gods Woord is betroubaar.
Dit word altyd waar.
3. Lewe wag ook op die dooies;
weg is ons hartseer en pyn.
God gee ons alles wat mooi is;
laat ook trane verdwyn.
(REFREIN)
Die ewige lewe
is waarna ons strewe.
Gods Woord is betroubaar.
Dit word altyd waar.
(Sien ook Jes. 25:8; Luk. 23:43; Joh. 11:25; Op. 21:4.)