Die “sinagoge van die Libertyne”
■ Onder diegene wat met Stefanus geredetwis het, was manne van “die sogenaamde sinagoge van die Libertyne” (Hand. 6:9). Wie kon hierdie manne gewees het? ’n Libertyn was ’n vrygestelde slaaf. Diegene wat aan die “sinagoge van die Libertyne” verbonde was, kon derhalwe bevryde slawe gewees het wat Joodse bekeerlinge geword het, of anders Jode wat deur die Romeine gevange geneem is en later weer vrygestel is.