Takt is nuttig
Een oggend het ’n Koninkryksverkondiger in La Orotava op die eiland Tenerife by ’n deur aangeklop wat oopgemaak is deur ’n man wat baie deur die slaap was. Toe sy sien dat sy hom wakker gemaak het, het die Getuie om verskoning gevra en kortliks Christelle tydskrifte aangebied, wat hy aanvaar het.
Later het hierdie Getuie en haar man hierdie man met die naam Isidro besoek. Hy het gesê dat hoewel hy nou en dan die Bybel gelees het, hy dit nie kon verstaan nie. Isidro het ’n eksemplaar van die boek Die waarheid wat lei tot die ewige lewe aanvaar.
Hoewel Isidro aanvanklik niks tussen die blaaie van sy Bybel gehad het toe die Getuie-egpaar hom die eerste keer besoek het nie, het hulle opgemerk dat sy Bybel en sy eksemplaar van die Waarheid-boek vol godsdienstige prente was toe hulle teruggekeer het. Tydens die bespreking het een van hierdie items op die vloer geval. Die besoekende Getuie het dit opgetel en die artikel op die tafel gesit.
Later het Isidro vir die Getuie vertel dat dit ’n lokval was, want hy het gehoor dat protestantes godsdienstige beelde verbrand het wanneer hulle ’n huis besoek het. Jehovah se Getuies is natuurlik nie Protestante nie, maar Isidro het klaarblyklik gewonder wat hulle gaan doen. Nadat hulle egter ’n sekere hoofstuk in die Waarheid-boek bespreek het, het hy en sy vrou self al die afgodiese items uit hulle huis verwyder.
Eerlank het Isidro en sy vrou geestelike vordering gemaak en beplan om as ware Christene gedoop te word. As gevolg van hulle pogings het ses van hulle familielede ook begin om die Bybel te bestudeer. Drie van hulle het met Isidro self Bybel-besprekings gevoer—die versigtige man wat een oggend uit ’n diepe slaap wakker gemaak is en baat gevind het by taktvolle behandeling.