’n Nuwe teokratiese mylpaal in Korea
NET soos in die res van die wêreld gaan die Koninkrykspredikingswerk in Korea met groot spronge vooruit. Amper op die kop drie jaar nadat die takkompleks in Kongdo, Korea, ingewy is, is ’n aanbousel op 11 Mei 1985 toegewy.a Kyk Die Wagtoring van 1 Maart 1983, bladsye 24-26, vir ’n verslag oor die toewyding op 8 Mei 1982. Dit was nog ’n mylpaal in die teokratiese geskiedenis van Jehovah se Getuies in Korea.
Soos die foto toon, bestaan die aanbousel uit ’n derde verdieping op die kantoor (die regterkantse gedeelte in die foto), twee bykomende verdiepings op die fabriek (die middelste gedeelte) en langsaan ’n Bethelhuis met drie verdiepings (die hele linkerkantse gedeelte). Die geboue in die agtergrond is die huidige Bethelhuis. Maar waarom is daar so gou aangebou?
Toe die nuwe drukkery in 1982 in gebruik geneem is, is daar elke maand 380 000 eksemplare van Die Wagtoring en Ontwaak! gedruk. Dit het nou verdubbel tot 760 000 elke maand. Dit is duidelik dat die ekstra ruimte in die drukkery goed benut sal word. Daar dien nou 86 personeellede by die takkantoor om na die groter produksie om te sien. Die nuwe woongedeelte het meer as genoeg plek vir die vermeerdering; daar is nou genoeg plek vir 120 lede.
A. D. Schroeder, ’n lid van die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies in Brooklyn, New York, was by die toewydingsprogram teenwoordig. Lede van die Koreaanse Takkomitee het verslag gelewer oor die werk in die veld en besonderhede oor die bouwerk verskaf. Al 2 199 teenwoordig was Jehovah innig dankbaar vir sy milde seën.
[Voetnote]
a Kyk Die Wagtoring van 1 Maart 1983, bladsye 24-26, vir ’n verslag oor die toewyding op 8 Mei 1982.