Vrae van lesers
◼ Het die Jode wetlike gesag gehad om Jesus tereg te stel, soos Pilatus se woorde in Johannes 19:6 te kenne gee?
Ons kan nie met sekerheid sê of die Romeine die Jode destyds die mag gegee net om teregstellings uit te voer nie.
Nadat die Joodse leiers Jesus se gevangeneming aangestig net, het hulle ’n soort verhoor gehou. Gedurende die verhoor het hulle “valse getuienis teen Jesus gesoek om Hom dood te maak”. Hulle het Jesus uiteindelik aan godslastering skuldig verklaar en gesê dat hy gevolglik “die dood skuldig” is (Mattheüs 26:59, 60, 65, 66). Maar nadat hulle “saam raad gehou [het] teen Jesus om Hom dood te maak”, het hulle hom na die Romeinse goewerneur, Pilatus, geneem.—Mattheüs 27:1, 2.
Hierdie omstandighede het talle die gevolgtrekking laat maak dat die Jode nie destyds Romeinse toestemming gehad het om Jesus Christus op daardie godsdiensaanklag tereg te stel nie. Die Jode se antwoord toe Pilatus vir hulle gesê het om die beskuldigde volgens die Joodse wet te oordeel, bevestig skynbaar hierdie beskouing. Hulle het geantwoord: “Dit is ons nie geoorloof om iemand dood te maak nie” (Johannes 18:31). Trouens, die Jerusalem-Talmoed maak melding van ’n tradisie wat sê dat die Jode ongeveer 40 jaar voor Jerusalem se vernietiging in 70 G.J. hulle gesag verloor het om oortreders tereg te stel.
Dit is dus vreemd om Pilatus se woerde in Johannes 19:6 te lees. Pilatus het op uitroepe van die godsdiensleiers dat Jesus aan ’n paal gehang moet word, geantwoord en vir hu!le gesê: “Neem julle Hom en kruisig Hom, want ek vind geen skuld in Hom nie.” Dit lyk asof hierdie stelling strydig is met wat die Jode in Johannes 18:31 gesê net.
Joodse geskiedskrywer Flavius Josephus verskaf ’n ooggetuieverslag wat moontlik lig op hierdie teenstrydigheid werp. Hy berig dat die rebelle gedurende die Romeinse aanval op Jerusalem in 70 G.J, tot binne die tempelgebied gevlug het. Party van hierdie bebloede vegters was in gebiede wat verbode was vanweë die heiligheid daarvan. Generaal Titus, vir wie hierdie ontheiliging van wat selfs Romeine as heilige grond beskou het afstootlik was, het uitgeroep:
“Julle walglike mense! Het julle nie daardie reling [of lae versperring wat ’n gedeelte van die voorhof afgeskei het] opgerig om julle Heilige Huis te bewaak nie? Het julle nie plek-plek daarlangs klippe met inskripsies in Griekse karakters en ons eie daarop geplaas wat enigiemand verbied het om verder as die muurtjie te gaan nie? En het ons julle nie toestemming gegee om enigiemand wat wel verder as die muurtjie gegaan het, tereg te stel nie, selfs al was hy ’n Romein? Waarom vertrap julle, julle skuldige manne, dan nou dooie liggame daarbinne?”—The Jewish War, bladsy 312. Ons kursiveer.
Selfs al het die Romeine die Jode nie toegelaat om die doodstraf vir siviele oortredings te voltrek nie, het hulle hul skynbaar wel die gesag verleen om mense vir sekere ernstige godsdienstige oortredings tereg te stel. Die Jode wat Jesus aan Pilatus oorgelewer het, het moontlik gedink dat dit gewens is om die Romeine die teregstelling te laat uitvoer, miskien om sy dood afstootliker te maak, en enige beswaar van die mense sou dus teen die buitelanders gemik wees (Galasiërs 3:13; Deuteronomium 21:23). Maar Pilatus wat moontlik daardie probleem wou vermy, het vir hulle gesê: “Neem julle Hom en kruisig Hom.” Hy het dalk ook aangedui dat as die geskil syns insiens godsdienstig ernstig genoeg was die Joodse leiers self die verantwoordelikheid vir die teregstelling van Jesus moet dra.
[Prent op bladsy 31]
Hierdie inskripsie wat in die tempelvoorhof was, (kyk insetsel) het nie-Jode daarteen gewaarsku om nie verder as die lae muur van die tempel te gaan nie
[Erkenning]
Reproduksie van die stad Jerusalem ten tyde van die tweede tempel—geleë op die gronde van die Holyland-Hotel, Jerusalem
[Erkenning]
Prente-argief (Nabye Oosterse geskiedenis)